4 Bedroom House For Sale in Marble Hall
R2,695,000
                Monthly Bond Repayment R26,906.33
                
                Calculated over 20 years at 10.5% with no deposit.
                
                Web Ref
                AP22033
              
                Monthly Levy
                R0.01
              
                Monthly Rates
                R1,800
              
                Special Levy
                R0.01
              
            "'n Uitsonderlike eiendom te koop in Marble Hall, Limpopo Provinsie!
Hierdie ruim gesinshuis bied 'n enorme tuin en sluit 'n groot, aparte woonstel of kantoor met sy eie ingang in. Geleë in 'n baie stil, veilige omgewing 
met unieke privaatheid.
Die hoofhuis het 'n indrukwekkende ingangsportaal, familiekamer, oopplan leef- en onthaalareas en 'n moderne kombuis.
Daar is 'n aparte formele sitkamer wat tans gebruik word as 'n speel- en werkkamer, 'n private gimnasium, wat maklik 'n vyfde slaapkamer kan word.
Die goedontwerpte oopplan kombuis het 'n aparte instapspens, 'n aparte waskamer, en 'n aparte opwas, alles maklik bereikbaar vanaf die kombuis.
Die onthaalarea met 'n binnebraai vloei gemaklik na die onderdak-patio, swembad, en braaiplek, en dan na die rustige tuin met sy reuse grasperke. Dit is werklik 'n kinderparadys!
Die huis van ongeveer 450 vk m. het vier slaapkamers, elk met lugversorging, twee vol badkamers, en 'n aparte gastetoilet. Die hoofslaapkamer is en suite en buitengewoon ruim met 'n instapklerekas.
Daar is 'n groot netjiese aangrensende stoorkamer wat die potensiaal het om deel van die huis te word, byvoorbeeld vir ‘n 2e TV kamer of formele sitkamer.
Die aparte woonstel of kantoorruimte is ongeveer honderd vk m. groot met sy eie ingang en onderdakparkeerplek vir vyf voertuie. Dit het 'n groot oopplan leefarea met 'n kombuis en instapspens of stoorruimte, 'n lekker groot en suite-slaapkamer.
Die woonstel beskik ook oor 2 lugversorgers.
Hierdie woonstel bied groot potensiaal vir ekstra huurinkomste.
Die tuin het 'n boorgat, alhoewel dit nie toegerus is nie.
Veiligheid is van hoogstaande gehalte. Die hele eiendom is omring deur ‘n behoorlike grensmuur, elektriese heining, 'n alarmsisteem, buite “beams”, 'n kamerasisteem, en diefwering voor al die vensters van die huis.
Daar is ook twee buitekamers met 'n badkamer.
Gemoedsrus word voorsien deur 'n sonkragstelsel bestaande uit 'n 5 kW-inverter, 2x5 kW-lithium-ion-batterye, en 6 sonpanele.
Hierdie is 'n unieke geleentheid in 'n uitstekende ligging en 'n baie goeie belegging.
          
Features
                  Pets Allowed
                  Yes
                
                Interior
                
                  Bedrooms
                  4
                
                  Bathrooms
                  2
                
                  Kitchen
                  1
                
                  Reception Rooms
                  2
                
                  Study
                  1
                
                  Furnished
                  No
                
                Exterior
                
                  Security
                  Yes
                
                  Parkings
                  5
                
                  Flatlet
                  1
                
                  Domestic Accomm.
                  2
                
                  Pool
                  Yes
                
                Sizes
                
                  Floor Size
                  550m²
                
                  Land Size
                  2,905m²
                
            KOOS SMIT
Non-Principal Property Practitioner Registered with PPRA(FFC 1157761)
Cell 082 555 4776
Office 012 348 0123